Thursday, August 6, 2020

Elf Dae in Oxford deur Elizabeth Wasserman



Alicia het skaars op Heathrow-lughawe deur doeanekontrole beweeg, of sy kry ‘n video-oproep van haar suster, Inez, uit Oxford. “Maak gou, Besem. Dump tannie Aggie en kom direk Oxford toe. Nou. Dadelik!”
“Maar my bagasie-“
“Stuff jou bagasie. Ek kan sien waar jy is – ek track jou. Stap reguit aan, draai links en volg die bordjies met die bus op. Daar is ‘n bus wat oor sewe minute vertrek. Jy moet jou stert roer!”
Maar toe hulle op Gloucester Green-busstasie in Oxford aankom, is haar suster nêrens in sig nie. Sy het darem Inez se adres en ‘n nuwe kaart-app wat die vriendelike Siya op die bus vir haar op haar foon gelaai het.
Waarom sou Inez haar so dringend hier wou hê? En die kaart-app met sy Alice in Wonderland-tema, wat het dit met Oxford , en met háár, te doen? Vreemder en vreemder . . . Gou tuimel Alycia, nes Alice, af in ‘n konyngat na ‘n andersoortige Wonderland.


Gradering: 2 sterre uit 5

Hierdie was ‘n besonderse moeilike boek vir my om te lees en om nou ‘n resensie oor te skryf. Hoofsaaklik omdat dit bedoel is vir tieners.

Die sestienjarige Alycia gaan kuier vir haar suster, Inez, in Oxford. Maar van die begin af gaan dinge verkeerd en Alycia sit sonder bagasie en haar suster is skoon veld. Siya, wat sy op die bus ontmoet, laai vir haar ‘n app op haar foon en hiermee gaan sy op ‘n buitengewone avontuur.

Die storie is geleen van die “Alice in Wonderland” boek deur Lewis Carroll. Sonder die “Alice in Wonderland” karakters en storielyn is daar nie veel in die storie te lees nie.

Die taalgebruik is baie verwarrend en pas glad nie by ‘n tiener van 16 nie. Nie in my “ouvrou” opinie nie, maar ek kan dalk verkeerd wees. Ek het self nog nie ‘n tiener in die huis nie.

Ek voel ook die skrywer is in sekere opsigte bietjie uit voeling met modern tegnologie. Niemand stuur meer sms’e op selfone nie.

Op plekke lees die boek soos ‘n IT lesing, of ‘n wiskunde les, of ‘n toergids se notas.

Hierdie boek is definitief eerder bedoel vir tieners en nie vir mense ouer as 18 nie.

No comments:

Post a Comment

One of Us is Lying by Karen M. McManus

  Pay close attention and you might solve this. On Monday afternoon, five students at Bayview High walk into detention. Bronwyn,  the bra...